top of page
Search
  • Writer's pictureEna

The Alchemist(s)

Updated: Jan 23, 2020

Deel 2:


If a woman is shunned, it is almost always because she has done or is about to do something in the wildish range, oftentimes something as simple as expressing a slightly different belief or wearing an unapproved color—small, small things as well as large ones. It must be remembered that an oppressed woman not so much refuses to fit as she cannot fit without also dying. Her spiritual integrity is at stake, and she will try to be free in whatever ways are available, even if they put her at risk." - Clarrisa Pinkola Estés, Women Who Run with the Wolves.

14 Augustus:

Dis 7 uur en ek word wakker in die Urbany Hostel so 2 km van my busstasie af. Ek klim by die leertjie by my bed af en my voet soek 'n plek op die grond tussen die 3 vreemdelinge se bagasie. Ek probeer om niemand wakker te maak nie. Die eerste ding wat ek agterkom, is hoe die onderkant van my voete brand. Ek was nog nooit so spyt ek het nie 'n paar Crocs nie. Die son kyk my af deur die gordyne soos ek my klere aantrek. Ek frommel my hare in 'n bolla en trippel by die kamer uit.


Mense wat ek ken het gesien ek is in Barcelona en hulle het my genooi na die hostel waar hulle slaap. Ons het afgespreek om mekaar in die voorportaal te kry, en 08:00 loop ons na "Dino Pan", 'n koddige kafeetjie waar ons weet ons gaan regkom met ‘n goedkoop ontbyt. Salig sit ons en gesels oor ons verdere planne. Ek kla oor hoe ek gister verdwaal het, en hulle lag omdat ek eintlik net my foon moes stel dat ek kan "roam". Ek pik die laaste krummels van my croissant op en besef ek sal moet roer. Ons groet mekaar, en ek loop hinke-pink na die busstasie. Google Maps wys ek het nog so 800m oor. Ek stop en verander my tas in 'n ottoman sodat ek my skoene kan uittrek. Van nou af judge ek nie meer die ooms wat kaalvoet Pick 'n Pay toe gaan nie.


Op pad na Lyon, kry ek 'n boodskap op die Couchsurfing app:


"Hey Ena! How are you? My family invited me to visit their family house in France where I currently am, but I want to make it a road trip through France. I was wondering what your plans are after Lyon and if you would be interested in travelling back to the Netherlands with me?..."

Groetjes S


Na 6 ure in die bus, arriveer ek in Lyon. Dit was 'n heerlike busrit met 'n middagslapie, Franse padkos, en landskappe wat verby my skaats. Terwyl ek vir my Couchsurfing host wag, antwoord ek S se boodskap:


"Hey S,

That sounds amazing. Let me just wrap my mind around it and give it some thought. My travelling plans are actually already set out. Will you be travelling by car?".


Hy stel voor dat ons mekaar bel. Sy ma het daarop aangedring. Ek het geleer om my ma eers iets te vertel as ek klaar die besluit gemaak het. Voordat ons mekaar bel, kyk ek eers na sy reviews op die Couchsurfing App. Almal sê hy is ordentlik, vriendelik, en hy het altyd help opruim. As hy my dus wil beroof, sal dit deeglik gedoen word. Ons bel maar in elk geval. Ons het vir 'n hele tydjie gesels totdat hy saam met sy familie moes gaan uiteet. "Leuk dat wij konden praten. Je klinkt niet als iemand die me zou ontvoeren, maar ik wil nog even over het nadenken", sê ek voor ons aflui...


Pirro, my eerste offisiële host kom kry my op die treinstasie. Hy lyk soos wat hy op sy foto's lyk, en ek wonder of hy dieselfde van my dink. Ons neem die metro na 'n deel van Lyon wat lyk asof die munisipaliteit vergeet het dit bestaan. Hy waarsku my op pad na sy woonstel dat die deur 'n gat in het, en daarom nie kan sluit nie. Here behoed my. Toe ons by sy woonstel aankom, vee hy gou die woonstel uit, trek die bed oor, en probeer soveel moontlik dagga van sy tafel af opruim.


Ons gaan terug stad toe en ek begin solank ander slaapplek soek. Soos ons deur die strate van Lyon loop, vertel hy hoe hy moes vlug uit Serbië, hoe hy in herberge moes slaap in omstandighede waar mense langs hom hallusineer, stuiptrekkings kry, en langs hom siek word. Hy vertel van die koue, honger aande wat hy moes deurmaak, en hoe hy nou uiteindelik in Lyon studeer. Pirro verdien my respek. Ek verdien nie syne nie. "Wie dink jy is jy, Ena?". Ek sluit al die apps waar ek nuwe verblyf gesoek het, en geniet die aand saam met Pirro.


Terug by die woonstel sit ons nog bietjie en gesels. "You don't look like the type of person that smokes", sê Pirro. "Assumptions are dangerous things to make, Pirro...", sê ek spottenderwys, "...But no, not tonight in any case". Hy steek 'n joint aan en ek maak reg om bed toe te gaan. Pirro is 'n nice ou, maar wat nou van S?


Lekker Bloemfontein!
Lyon sê hallo!
Stappie saam met Pirro.

142 views0 comments

Recent Posts

See All
Home: Blog2

Kontak

Your details were sent successfully!

Home: Contact

Ena Stegmann

Ek is die blogger. Halo!

Ek het in 2018 klaargemaak het met my graad in BA Kommunikasiekunde: Media & Joernalistiek by UFS. Ek is tans 'n au pair in Blaricum, Nederland en alhoewel ek net drie lesers het, kan ek myself nou ook 'n blogger noem. Ek het myself kniediep in millennial millieu gevind, en het besef dat al manier hoe ek hierdie deel van my gaan own, is om tong in die kies te skryf oor die amper quarter life crisis waarin ek myself bevind. Mag jy uit my foute leer, daaroor lag en jouself op die skouer klop omdat jy tans besig is om iets te lees en nie Youtube videos stream nie.

Ok?

Lekker lees!

44931BA6-5D4C-4228-AE43-DC5A20838738.jpg
Home: About
bottom of page