top of page
Search
  • Writer's pictureEna

The Alchemist(s)

Updated: Jan 22, 2020

Deel 1:


Ná maande se beplanning het ek met behulp van Flixbus en die Couchsurfing-App dit reggekry om 'n Europese vakansie te geniet op 'n flippen tight budget. Nóg 'n paar maande het verbygegaan, en uiteindelik deel ek my verhaal van vulnerability, onverantwoordelikheid, en die beste paar dae van my lewe.


"Embracing our vulnerabilities is risky but not nearly as dangerous as giving up on love and belonging and joy—the experiences that make us the most vulnerable. Only when we are brave enough to explore the darkness will we discover the infinite power of our light.” Brené Brown

13 Augustus

Nadat ek vir vier dae saam met my gasgesin in Tamariu, 'n klein dorpie langs die Costa Brava kus spandeer het, begin my reistog met die bus vanaf Girona na Barcelona. Vanaand sal die eerste keer wees wat ek Couchsurf. Ek connect my foon met die WiFi en hoor by my eerste host of alles nog reg is vir my verblyf. Ek verduidelik Couchsurfing soos ek dit aan my ma verduidelik het: "Dis 'n netwerk, maar dis veilig, waar jy verniet by mense mag oorslaap gedurende jou reis. Daar is reviews van die hosts, so jy kan kyk of ander Couchsurfers 'n positiewe ervaring daar gehad het of nie, so dis regtig veilig". Ongelukkig het my host bietjie gefail om te deliver. My liewe Spaanse vriend, James, het "vergeet" om 'n ekstra matras te reël, en al wat hy kan bied is 'n warm plekkie so in die holte van sy arm (of soos hy dit sal noem "sharing the same surface"). Tempting, nè...


Met my aankoms in Barcelona het ek nie 'n clue waar ek is nie. As ek iemand om hulp vra hoor ek net, "No hablo Ingles", maar tog hou die Spanjaarde aan om te babbel. Dit was amper asof hulle dink ek gaan een of ander tyd ontaard in 'n Spaanse vrou, Isabella Alejandro, wat die afgelope 25 jaar vis verkoop by die Saterdagmark in Barcelona. Naderhand vind ek my weg met behulp van toeriste wat my tot my eerste bestemming, Sagrada Familia, lei. Toe ek die torings van die katedraal sien, voel ek verlig. Ek koop vir my 'n kaart van Barcelona en merk my volgende bestemming.


Die volgende plek op my lysie is 'n bekende kosmark naby die besige straat, La Ramba. Ek kom 2 uur die middag daar aan, en ek koop vir my die goedkoopste toebroodjie wat ek kon kry. Die res van die middag loop ek deur nou straatjies rangskik met middeleeuse geboue in die El Gòtic Quarter.


Langs ons huis in Kroonstad is daar 'n skuinste waarmee ek altyd my draffie begin het. As mens na die helling kyk, lyk dit soos 'n bultjie wat jy flink kan uitdraf, maar sodra mens in die middel kom besef jy dis 'n 15 grade helling wat jou meer gaan laat huil as toe jy gehoor het Charmaine speel nie meer in 7de Laan nie. Barcelona lê uitgestrek op só 'n helling, en my volgende bestemming lê 5km verder op. Park Guëll, 'n massiewe park ontwerp deur die Catalaanse argitek, Antoni Gaudí, is een van die bekendste toeristaantreklikhede in Spanje. Gaudí het Barcelona soos 'n stuk lap nadergetrek en met detail en kleurvolle gare daarop borduur. My tas se wieletjies rol oor Pedrara teëls wat my langs kunswerke van Gaudí lei. Ek sal moet vinnig loop, anders gaan ek te laat wees vir my volgende bestemming.


Ek volg die pyltjies wat boontoe wys. Was dit nie daarvoor nie, was ek waarskynlik nou al besig om die Camino te stap. Ek koop 'n water, en 'n powerbank vir my foon. My budget vir die dag is in sy moer in. Ek het geloop, geloop, verdwaal, en weer geloop tot ek die ingang van Park Guëll sien. Ek dog die Hemelpoorte gaan oop. Mens loop bo-oor en onderdeur kunswerke so ver as wat jy gaan. Ek klim nog 'n paar trappies uit tot ek by die terras uitkom, die mees kenmerkende deel van die park. Dis tye soos hierdie wat ek wens ek kon my suster tot in Europa kliek sodat sy dit saam met my kan beleef.


Ek gaan soek 'n rustiger plek waar ek kan sit en kyk of my foon nie êrens met WiFi kan connect nie. Niks. Ek vee 'n traan weg, staan op, stof my af, en loop weg. Nou moet ek uitfigure waar ek vanaand gaan slaap.

Tamariu, the calm before the storm.
First stop: Sagrada Familia
Kosstalletjies in die besige straat, La Ramba.

Park Guëll/Hemelpoorte
Geen WiFi, geen verblyf, maar ek kon nog lag vir 'n foto!

219 views1 comment

Recent Posts

See All
Home: Blog2

Kontak

Your details were sent successfully!

Home: Contact

Ena Stegmann

Ek is die blogger. Halo!

Ek het in 2018 klaargemaak het met my graad in BA Kommunikasiekunde: Media & Joernalistiek by UFS. Ek is tans 'n au pair in Blaricum, Nederland en alhoewel ek net drie lesers het, kan ek myself nou ook 'n blogger noem. Ek het myself kniediep in millennial millieu gevind, en het besef dat al manier hoe ek hierdie deel van my gaan own, is om tong in die kies te skryf oor die amper quarter life crisis waarin ek myself bevind. Mag jy uit my foute leer, daaroor lag en jouself op die skouer klop omdat jy tans besig is om iets te lees en nie Youtube videos stream nie.

Ok?

Lekker lees!

44931BA6-5D4C-4228-AE43-DC5A20838738.jpg
Home: About
bottom of page