top of page
Search
  • Writer's pictureEna

Run, Fat Boy, Run

Updated: May 1, 2019

(Starring an expat and Dutch birthdays)


Hoërskool atletiekdae was vir my so opwindend. Daar was altyd iemand wat 'n moerse comeback gemaak het ná die Desembervakansie, nuwe talent wat ontpop het, en ook sommige atlete wat net nie die paal gehaal het nie. Ek onthou daar was altyd ingestem op 'n groepspoging om die 1500m te hardloop. Almal begin rustig in 'n bondel te draf, en vooraf word daar afgespreek dat ons almal sáám klaarmaak. Dit gebeur nooit nie. Daai laaste 100m scatter die groep en ewe skielik is almal Usain Bolt. Ek het nooit laaste gekom nie, let wel ook nooit eerste nie, maar ek onthou daai opgeswelde gesigte en rooi wange wat aangestap gekom het. Dit het gelyk soos iets tussen 'n mank persoon en 'n driejarige wat probeer huppel...


As mens vriende probeer maak in 'n nuwe omgewing, voel mens soos hierdie persoon. Man, maar gelukkig is daar altyd daai fiks mense wat omdraai ná hulle victory en die laaste stuk gemaklik saam met die kruppelaars klaarmaak (amper soos 'n sighted guide vir blindes by die Paralimpiese Spele). In die kerk is daar natuurlik baie van hierdie guides, so ek word taamlik na partytjies of etes uitgenooi. Al is meeste van hulle 30 met die tweede kind op pad, is ek gewillig om 'n stuk saam met hulle te hardloop. Dit vat egter moeite en baie ongemaklike ontmoetings om hierdie partytjies by te woon, maar ek besef ek moet dit maar doen.


My eerste "feestje" is 'n verjaardag van Chris en Gerna. Ek het 'n armsalige boks chocolates gekoop, want wat gee mens nou vir twee 30-jariges wat jy van geen kant af ken nie? Vir al wat ek weet sukkel hulle met suiker en kan nie eers chocolates eet nie. In elk geval. Op die kop 20h00 lui ek die klokkie. Dis 'n vreemde tyd om 'n "feestje" te begin, maar dis glo normaal hier. Ek is die eerste een wat daar aankom en ek word onmiddelik 'n stuk "appeltaart" en koffie in die hand gestop. Gezellig.


Na 'n ruk kom die gaste stuk vir stuk aan. Met ontmoeting hou die Nederlanders nogal van 'n stywe handdruk, en die eerste persoon steek sy hand uit: "Gefeliciteerd", sê hy. My omgewing is bietjie over-stimulated en ek hoor skaars wat sy naam is. Ek hoor "Felix". Die volgende persoon kom in en ek let ekstra goed op om te kan hoor wat sy naam is: "Gefeliciteerd", sê hy. Hier is 'n paar vreemde name, so ek aanvaar dit is hoe hy heet, maar na die derde persoon dink ek dis mos nou onmoontlik dat hier soveel mense is met dieselfde naam.


Daar sit 'n paartjie van ons Bybelkring langs my en ek vra hulle oor hierdie "gefeliciteerd" wat almal vir mekaar sê. "Het betekent congratulations". Mens kan mos in iemand se oë sien as hulle iets nie verstaan nie, en ek dink hierdie paartjie het miljoen vraagtekens in my oë sien dans. "Ik ben tog niet jarig, hoor. Waarom zeggen allemaal dat voor mij?", vra ek in my beste Nederlands.

Turns out net soos óns vir die lede van die gesin gelukwens met 'n verjaardag, sê die Nederlanders ook dit vir die vriende. Almal vier hierdie persoon en is saam bly oor sy of haar bestaan, dus word almal ook gelukgewens. Dit is nogal vir my mooi.


Nóg 'n barmhartige samaritaan nooi my na 'n verjaardagpartytjie uit. Dit begin om Sondag 14h00, weereens 'n weird tyd, maar ek hardloop maar daai awkward stukkie na die wenpaal. Toe die ander gaste aankom, sit ek my appeltert neer, want ek weet ek gaan nou vir die volgende half uur "gefeliciteerd" sê en handdrukke gee. Toe ek my rondtes gedoen het gaan sit ek ingenome met my appeltert.


Daai aand borsel ek my tande en besef dit is nog van die tandepasta wat ek van Suid-Afrika gebring het. Ek wonder of dit so is vir mense wat emigreer? Dat hulle só deel word van die kultuur dat al wat hulle oor het is 'n leë tandepastabuisie wat jy in elk geval by Kruidvat kan vervang. Vergeet hulle ook dat hulle eens die loser was wat moes struikel na die wenpaal?


Ook:

Ek geniet dit só baie as julle vir my kommentaar stuur. Kritiek en verbeteringe is natuurlik ook welkom! Dankie :)




192 views2 comments

Recent Posts

See All
Home: Blog2

Kontak

Your details were sent successfully!

Home: Contact

Ena Stegmann

Ek is die blogger. Halo!

Ek het in 2018 klaargemaak het met my graad in BA Kommunikasiekunde: Media & Joernalistiek by UFS. Ek is tans 'n au pair in Blaricum, Nederland en alhoewel ek net drie lesers het, kan ek myself nou ook 'n blogger noem. Ek het myself kniediep in millennial millieu gevind, en het besef dat al manier hoe ek hierdie deel van my gaan own, is om tong in die kies te skryf oor die amper quarter life crisis waarin ek myself bevind. Mag jy uit my foute leer, daaroor lag en jouself op die skouer klop omdat jy tans besig is om iets te lees en nie Youtube videos stream nie.

Ok?

Lekker lees!

44931BA6-5D4C-4228-AE43-DC5A20838738.jpg
Home: About
bottom of page