The mother of all...
- Ena
- May 14, 2019
- 3 min read
Ek is in die cuteste bar in Amsterdam. Ek kan nie die naam van die restaurant sien nie. Dit staan op die venster, maar in 'n baie fancy, onleesbare skrif geskryf. Ah, op die menu staan: “Café ‘t Molentje”. My NS-fiets (fiets wat jy by die treinstasie huur) staan buite die bar – dit skree dat ek ‘n toeris is. Ek is nie die enigste toeris hier nie. Hier is genoeg Iere, miskien net omdat hulle so hard praat, om op te maak vir die leë stoele in die bar. Gewoonlik drink ek ‘n Coke Zero, maar flip, ek kan nie in só cool bar in Amsterdam sit en ‘n Coke Zero drink nie. Plus, dit gaan nie by my "mysterious wanderer" persona pas nie. Ek bestel maar 'n glas rooiwyn.
Ek hou op tik en neem ‘n sluk van die wyn wat waarskynlik duurder gaan wees as drie etes by "Hema". Shibit, mors ek. Ek hoop nie dit het my cover geblow nie.
Hierdie gebou het net drie hoeke. In die een hoek sit ‘n Nederlandse couple wat sophisticated genoeg lyk om in ‘n actual verhouding te wees. Dit lyk tog asof hulle mekaar nog net gewoond raak. Hulle is dalk nog in die eerste maand van hierdie verhouding. In die ander hoek sit 'n Italiaanse man en 'n vrou wie se nasionaliteit ek nie kan uitmaak nie. Albei leun intuïtief na mekaar, en hulle bierglase is vol soos hulle om die beurt práát en lúister. Dit mag dalk die begin van iets moois vir hulle wees.
In die derde hoek sit ‘n meisie alleen. Sy lyk asof sy 'n deadline moet haal en kyk by die venster uit soos sy soek na inspirasie. Dit lyk asof sy aan die begin van die dag mooi gelyk het, maar ná die trein-, bus- en fietsry, lê die dag donker onder haar oë. Sy loer gedurig op van haar skerm asof sy alles analiseer, en tik verder. Miskien is sy ‘n skrywer.
Ek vang die bar man se oog. Ek dink hy sien ek kan nie nog ‘n glas wyn bekostig nie. Dis 22h14 en die son het nou net gaan sak. Bruce Springsteen, Queen en ABBA drink almal saam met my wyn soos hulle stemme baljaar oor 'n platespeler. Die skrywer-meisie word geroep deur een van die Ierse ouens. “What’s going on here?” vra hulle. “Are some kind of detective or spy?”. Die meisie is vining deel van die sirkel en voor sy haar kom kry het sy die deadline vergeet en alle ander redes om te werk, verontagsaam.
Flip. Ek besef dit is bietjie laat en ek sal moet roer as ek my trein wil haal. Dit is 24h14 en ek fiets terug na Amsterdam Sentraal. Die trein-app sê ek gaan oor so uur by die huis wees. Ek is moeg, en om 01h00 kom ek by Hilversum treinstasie aan. Sukkel-sukkel probeer ek die volgende bus te kry wat ek moet neem om huis toe te gaan, maar daar is niks. Net twee NS-medewerkers wat 'n storing bevestig.
Ek kyk rond om te sien of daar ten minste ‘n bankie is wat ok lyk om op te slaap. Die een langs die vending machine lyk orraait, en dit gee darem so ‘n bietjie lig. If life gives you a vending machine, make a lamp. Een van die NS-werkers roep my: “Mevrouw, ik woon in Huizen. Als je wacht tot 03h00 kun ik je naar je huis nemen?”. Die Here kom ook in all shapes and sizes.
“Waar was je toen, Mevrouw?”, vra die werker wat my huis toe neem. Ek vertel van die cute bar in Amsterdam. Hoe die paartjie in die een hoek eintlik besigheid gedoen het, die Italiaanse ou eintlik 'n Duitser was, die meisie sy niggie van Brazilië is, en hoe heerlike aand ek
gehad het deur myself as skrywer in ‘n bar in Amsterdam te sien. Meanwhile is ek ‘n au pair met ‘n reis abonnement wat ‘n blog skryf oor assumptions. The mother of all …


コメント