top of page
Search

Wat ek geleer het van groener gras...

  • Writer: Ena
    Ena
  • Feb 24, 2019
  • 3 min read

Updated: Jun 15, 2019





As 'n sosiale mens behoort lees nie vir my 'n prioriteit te wees nie, maar ek love dit. Tog vind ek dit irrelevant om te verduidelik waarom lees vir my belangrik is. Hierdie is nie 'n blog waarin ek lewenslessies wil uitdeel wat in elk geval relatief is tot my ou lewetjie nie. Weet net daar is 'n rede waarom mense sê: "Some people just need to read a book".


Ek het natuurlik paar Suid-Afrikaanse boeke saam met my na Nederland gebring. 'n Boek wat ek so op die nippertjie vir my gekoop het was "Die braambos bly brand" (Malan & Jones 2019). Annelie Botes begin háár bydra, Die wiegelied van Delila (2019:13), só:


"Elke dag van ons lewens kom ons voor keuses te staan. Dis 'n clichè, maar ons weet dat ons keuses die rigting van ons lewens bepaal...Tog is dit onteenseglik dat ons lewens al te dikwels met die kompas van donker emosies gemeet word".

My ma het van jongs af die jy-kies-self-motto by my ingeboor. Selfs my keuse in 'n vanilla roomys het gelei tot 'n treurmaar, maar ek móes dit opeet, want ék het nie eerder 'n chocolate roomys gekies nie. Verkeerde keuses lei jou na idees oor die lewe, idees wat veroorsaak dat die lewe met 'n kompas van donker emosies gemeet word.


Hierdie jaar het ek het my kompas in die Noord-Hollandse rigting laat swaai. Die gras is groen hier, maar die gras bly ook net groen solank jy dit water gee. My eerste week in Nederland is verby, en ek het nóg iets agtergekom van die sogenaamde groen gras waarvan mense praat...


Die wind klits my hare, die koue Nederlandse wind verlam my wange en met my rugsak op my rug vleg ek deur ander fietse van Blaricum na Hilversum. Ek sing Natasha Bedingfield se hit van 2004 "Unwritten" wat vir kykers 'n feel good feeling gegee het aan die einde van 'n fliek wat die hele gesin kon geniet...


Klink idealisties, nè?


Rewind...


Free as can be en deur doane sit ek en wag vir die vliegtuig. Ek het dit só bereken dat ek genoeg tyd het terwyl ek in duty-free sit om my eerste blog-inskrywing te maak. Met handbagasie wat die weight limit ver oorskry en vyftig ander los goed in my hande strompel ek deur die lughawe. 'n Mens se hart weeg natuurlik ook swaar, en realiteit laat jou skouers brand soos jou sakke reeds na Suid-Afrika verlang. My blog-inskrywing het nie gebeur nie weens technical difficulties nl. OR Tambo het nie een werkende muurprop gehad nie.


Ek fast forward na die tweede dag van my aankoms in Nederland.


Die Vader alleen weet wat met my aangegaan het, maar dit voel asof ek die vorige aand in een of ander dodgy wyntuin deurgebring het, want ek het 'n hoofpyn soos wat ek nog nooit vantevore gehad het nie. Dit was nie lank voor ek uitgevind het dat ek voedselvergifting gekry het van die vliegtuigkos nie, en 36 Euro's (so wat R540) later was ek darem ook gesond. Nou kan ek vasvat...


Dag vier in Nederland, so ingeburger as wat ek moontlik kan wees, val my selfoon in die toilet. Dood... (Ek het die rys trick probeer, maar needless to say.) Om sonder 'n selfoon te sit in Suid-Afrika is sleg, maar om sonder 'n selfoon in 'n ander land te wees is soos om met 'n fiets sonder ratte so 40 km aan te pak met behulp van Google directions wat in 'n notaboekie neergeskryf is. Ek het gedink ek is op pad na die Hel.


Ek dink dit was bietjie optimisties van my om só iets aan te pak, maar 'n vriendin het in Hilversum gewag en ook daai tikkie vryheid waarna die millennial so streef. Die normale reistyd is so 40 minute se fiets daantoe, en weer 40 minute terug. Min het ek geweet dat die fiets wat ek hierdie reis gaan aanpak se klokkie daarmee heen is, die fiets nie ratte het nie, en die briekmeganisme is van so aard dat jy agteruit moet trap as jy wil stop. Soos what is this life even? Moedeloos meet my kompas. Sonder 'n foon, sonder geld, en iets soos 'n fiets.


Voor ek Annelie Botes se opstel gelees het, het hierdie inskrywing anders gelyk. Wat nou maar nog steeds soos 'n verlate grasperk lyk, word gewater deur nuwe idees en 'n kompas wat nou ander emosies meet. The rest really is unwritten. Ek pak die nuwe maand aan met 'n lekker uitgawe van 200 Euro om vir my 'n splinternuwe, tweedehandse foon te koop. Ek geen nie om vir luxury nie, want ek weet nou die gras is groener waar jy 'n selfoon en wi-fi het.

 
 
 

2 Comments


smithfah
Mar 05, 2019

Ek like dit kwaai. En hoe gaan dit met die kinders oppas?

Like

anepretorius
Feb 27, 2019

Heerlike lees🤗 ek kan nie wag vir nog nie

Like
Home: Blog2

Kontak

Your details were sent successfully!

Home: Contact

Ena Stegmann

Ek is die blogger. Halo!

Ek het in 2018 klaargemaak het met my graad in BA Kommunikasiekunde: Media & Joernalistiek by UFS. Ek is tans 'n au pair in Blaricum, Nederland en alhoewel ek net drie lesers het, kan ek myself nou ook 'n blogger noem. Ek het myself kniediep in millennial millieu gevind, en het besef dat al manier hoe ek hierdie deel van my gaan own, is om tong in die kies te skryf oor die amper quarter life crisis waarin ek myself bevind. Mag jy uit my foute leer, daaroor lag en jouself op die skouer klop omdat jy tans besig is om iets te lees en nie Youtube videos stream nie.

Ok?

Lekker lees!

44931BA6-5D4C-4228-AE43-DC5A20838738.jpg
Home: About
bottom of page