Vlam in die kamer
- Ena
- Mar 3, 2019
- 2 min read
(Dankie Ingrid Jonker en Andre P. Brink)

Wanneer mens op reis gaan bestaan daar 'n tydperk voor die reis waar jy jouself emosioneel voorberei vir unforseen circumstances. In hierdie voorbereiding dink mens aan goed soos verlange, alleenheid, kultuurskok, die lys gaan aan. Nog iets waarvoor ek myself moes voorberei was die moontlikheid dat ek iemand se dood moet rou.
Ek word wakker met 'n paar missed calls. Die voorbereiding begin reeds. En dan kom die nuus. Een van my goeie vriende het gisteraand verongeluk.
Ek was gister vir die dag in Amsterdam. Sou ek dit moes beskryf sou ek sê mens moet bloot die liedjie Mystic Boer van Valiant Swart luister. In hierdie stad waar vryheid op straat speel, vind ek myself tussen 'n grys laken van duiwe. Noudat ek daaraan terugdink, dink ek aan die vrede wat ek tussen hulle ervaar het. Ek kyk vandag na 'n foto van my tussen hierdie duiwe en dink aan die olyftakkie wat die duif na Noag gebring het toe die vloed verby was. 'n Takkie van hoop en nuwe beloftes. Leonard Cohen bewoord sy ervaring van 'n duif weer só:
I saw the dove come down, the dove with the green twig, the childish dove out of the storm and flood. It came towards me in the style of the Holy Spirit descending. I had been sitting in a cafe for twenty-five years waiting for this vision. It hovered over the great quarrel. I surrendered to the iron laws of the moral universe which make a boredom out of everything desired. Do not surrender, said the dove. I have come to make a nest in your shoe. I want your step to be light.
Here, dis 'n trietsige dag in Nederland, en die weer sit reg om harte te breek. Wat dan gemaak wanneer jy alleen moet rou? Ek maak myself nou kwesbaar, en laat my hart maar breek. Ek trek my skoene uit sodat 'n duif sy nes in my skoen kan maak. Ek brand 'n kers vir hoop, vir vrede en vir my goeie vriend wie se voetstappe nou lig is.
Naskrif:
Ek het lank gewonder of ek iets hieroor moet skryf. Dit kan so maklik lyk of mens 'n situasie misbruik om aandag en simpatie te ontlok. Medelye word soms op so manier getoon dat dit lyk dit gaan meer oor jóu as die persoon wat oorlede is. Daar is mense nader aan hom wat die pyn veel erger ervaar. Ek dra hierdie post aan hierdie persoon op met wie ek goeie herinneringe gedeel het.
תגובות